Verdwyn
Verdwyn
Gespruit en toe vergete met gewete van papier
Besluit te neem om als te los wat hierso agter bly
Eers drie; toe een; toe twee; toe vier
Die som van toekomsblik vir jou - maar eerder meer vir my
Die aand was koud en hunkring sterk sou waardes my verpas
Uitnodigend - en kort voor lank was jy my warm jas
Maar soos ‘n fondament bly ek die een wat agterbly
Ek doen en werk verwagtend want die vrug het my verly
As steunpilaar vir jare nog, sou ek die las moes dra
Vergete hoe die woeker-nag my meer as dit sou vra
Ons oes is nou die vrugte van die saad van liefdesdaad
Jou jas in my kas wil nie meer pas – ‘n las bly inderdaad
Eers twee, toe vier; toe drie dan een
Jou beurt die anker rol te speel, wyl ek die winter nag alleen
tot in die lente steeds sal wees – al is die kinders ook by my
Groei my enigheid tot bo, waar die Wysheid met sy hulp my lei.
Copyright © Herman Dormehl | Year Posted 2015
Post Comments
Poetrysoup is an environment of encouragement and growth so only provide specific positive comments that indicate what you appreciate about the poem. Negative comments will result your account being banned.
Please
Login
to post a comment